Maandlikse Klubkompetisie

August 18, 2021

ANGLER

Jaco Kruger

VENUE

Leuuplaas, Vaaldam

PROVINCE

Free State

ANGLER

Jaco Kruger

VENUE

Leuuplaas, Vaaldam

PROVINCE

Free State

Nadat ek die Saterdag deelgeneem het aan ons maandlikse klubkompetisie, het ek dit goed gedink om die Sondag ’n Pro Mania aan te bied by Leeuplaas. Afgesien die Saterdag ’n moeilike uitdagende dag was, het die vis beter uitgekom regs van die droë boom en het ek dus besluit om ons nege penne op dié stuk te gaan pen. Penne word die aand voor die tyd getrek en pen 1 word vir my getrek. Ek het geweet dit gaan weereens ’n uitdagende wees omdat ons net 1 sone is en om ’n goeie BMT te kry, is ’n wen noodsaaklik!

Dit was ’n yskoue oggend met ’n lieflike -5 grade celcius!! Terwyl ek ’n lekker koppie boeretroos geniet, aanskou ek die mooie natuurskoon wat ons Vader vir ons leen. Opnuut besef ek watter voorreg dit is om te kan hengel! Die bakkie word afgepak en my hengeltoerusting word stadig maar seker reggekry en opgeslaan.
My plan was om van die begin af die dieper afstande te hengel en daarom het ek my twee Razor’s 12’6” dadelik uitgehaal saam met my Okuma Aventa Pro 6000’s. Ek het op albei stokke dieselfde benadering gevolg maar net op twee verskillende afstande gehengel. Op my boonste hoek het ek met ’n enkel Stuttafords super soft floatie en skoon wit degie gehengel en op die onderste hoek slegs ’n harde geel Juana float wat ek teruggedruk het in die bol. Op die bol het ek begin met my “go to” winterkombinasie: Paint, Kiana en Sniper. Nadat ek die bol in vla poeier geskud het, kon geen vis dit weerstaan om nie die aas op te tel nie! Hulle het gedink dis Kersfees!!
Ek was van die “word go” af in die vis en my tempo was enige iets tussen 30 en 50 min.
Teen 9 uur het die wind sterker van links-voor af begin waai en die byttempo het effens begin afneem. Die belangrikste is nou om steeds op my kol te hengel en het ek toe albei my stokke uitgehak en met 3 meter aangeskuif sodat my afstand steeds dieselfde bly! Met die Razor’s 12’6” was dit steeds moontlik om met elke gooi op my kol te hengel!

Ek het my benadering aangepas en het die Paint, Kiana en Sniper verruil vir Perdeby, Sniper en Tjop-Tjop. Dit was die regte besluit wat ek op die regte tyd gemaak het, en die vissies het gou weer tou gestaan! Ek het steeds met ’n super soft Stuttafords floatie en klein wit degie op die boonste hoek gehengel en ’n enkel harde geel Juana float op die onderste hoek. Ek het heeldag ’n beter tempo teenoor die res van die hengelaars gehandhaaf en ek was geseënd om teen 15:00 13 blinklywe op die skaal te sit vir ’n totaal van 13,6 kg. My opoffering van ’n lekker warm bed vir ’n yskoue dag langs Vaaldam, was die moeite werd toe ek geseënd is om ’n algehele 1ste plek vir die dag te behaal.

Ek skryf my sukses toe aan die uitmuntende voer wat oom Schalk ons bied. Die visse kan dit eenvoudig net nie weerstaan nie. Die voer is finominaal! Dankie weereens aan fenominaal. Dankie Sensational Angling Supplies vir die topgehalte gerei wat ’n hengeluitstappie net soveel lekkerder maak.