Biggest Carp Challenge by Die Nyl

August 20, 2021

ANGLER

Anton Edwards

VENUE

Die Nyl

PROVINCE

Limpopo

ANGLER

Anton Edwards

VENUE

Die Nyl

PROVINCE

Limpopo

Ek hengel die jaarlikse Biggest Carp Challenge by Die Nyl en hier is die resultaat… Swim 1 teen die damwal word aan my toegeken vir die 3 dae en ek begin Vrydag middag my goed opslaan. Ek sien dat die water baie vuil is en hoor by die bestuur van die dam dat die dam “gedraai” het – dit gebeur elke jaar wanneer die water ‘n sekere temperatuur bereik.

Ek pak my aas en dips wat ek wil gebruik op my bait stasie en is sommer baie opgewonde want ek kan uiteindelik Super Cast se nuwe RAJA op die proef stel. Raja stel voorwaar glad nie teleur nie en ek kry vis elke 15 minute.
Met die water wat so vuil is sukkel ek om die groter vis aan die byt te kry, waar ek baie vis van 5,6,7 tot en met 8kg land, maar daardie 10kg vis ontwyk my.
Ek begin al meer Raja op die bol sit en 2 Raja sagte floats en ek begin uiteindelik beter vis kry.

Ek kom ongelukkig nie die grootse karp vang nie maar vang amper 300kg se vis oor die drie dae. Raja gaan nog baie opslae maak! Dit is voorwaardelik net een van daardie geure wat jy in jou kas moet hê.

Ek hengel met my LS-6K katrolle saam met my Sensation DC Lite 10ft stokke vir die korter afstande. Vir die langer afstande gebruik ek ook ‘n stel Okuma LS-6K katrolle saam met my geliefkose Sensation DC Pinpoints.

My voer plan was Super Cast SvB X-Treme voer saam met Super Cast se Monster Mix.
Dankie Super Cast vir die puik nuwe aas en dips wat julle tot ons beskikking stel. Ook ‘n woord van waardering aan Sensation vir julle bo-baas hengelgerei.