Uitdagende naweek langs Vaaldam

August 26, 2021

ANGLER

Jaco Kruger

VENUE

Jackie Leonard, Vaaldam

PROVINCE

Free State

ANGLER

Jaco Kruger

VENUE

Jackie Leonard, Vaaldam

PROVINCE

Free State

Ek het die naweek my warm huis verruil vir een van die mees uitdagendste naweke langs Vaaldam. Die oewer was lank reeds geboek vir ’n dubbel Pro Mania wat ek by die alombekende Jackie Leonard sou aanbied en daar was geen omdraai kans om eerder tuis te bly nie. Met twee uiteenlopende dae se weersvoorspelling, was die belangstelling nie té wonders nie.


Ek het vroeg die Saterdagoggend ongeveer 100m links van die lyndraad die 16 penne begin pen. Gelukkig is ons meer as 13 hengelaars wat die Saterdag gaan deelneem en dit sorg dat daar twee sones is. Die aand voor die tyd word die penne getrek en ek sit op pen 12. Uit vorige ervaringe het ek opgelet dat jy op hierdie deel van die oewer effens dieper oor die algemeen moet hengel as link van die bostoilet. Met die weervoorspelling wat aandui dat die wind 40km/h gaan waai, was die dieper afstande (105-125 meter) nie ’n opsie nie. Ek het dus besluit om met my twee Sensation Short Range Tactical 10ft’e en Okuma Aventa Pro 5000’s m op 65 meter (my “banker”) en 85 meter te begin. Ek het soos volg begin:

65 meter
• Super Cast se Super Soft Gumtree float en soet wit deeg op die boonste hoek.
• 5 Maggots op die onderste hoek.
• Stinkvoete en Tjop-Tjop op die bol.

85 meter
• Harde geel Legend float en ’n klein soet wit degie op die boonste hoek .
• Harde geel Legend float op die onderste hoek.
• Paint, Kiana en Sniper wat ek terug geskud het in vla poeier.

My 65 meter afstand het van die begin af vis opgelewer, maar met die Suid-Ooste wind wat ogeveer 40 km/h gewaai het, was dit baie uitdagend om akkuraat op my kol te hengel, maar met baie konsentrasie en deursettingsvermoë het ek daarin geslaag (dit was immers goeie oefening). Na ongeveer 90 min met geen sukses op my 85 meter afstand, het ek dié afstand verruil vir ’n 70 meter. Dit was die regte besluit op die regte tyd en die tempo het begin toeneem! Ek het die voortou begin neem, maar soos die Engelsman sê: “It’s not how you drive, it’s how you arrive!” Die koue het die modderbekke nie afgeskrif nie en ek kon hulle op reëlmaat in die net plaas.

Die wind het die hele dag verskriklik gewaai en dit was sekerlik een van die mees uitdagendste dae langs die dam! Ek was geseend om in totaal 27 weegvisse in die net te plaas wat gesorg het dat ek my sone gewen het en algeheel tweede kon eindig. Die aas wat die beste vir my gewerk het was ’n enkel Gumtree float (Super Soft Float) met ’n baie klein soet wit degie op die boonste hoek, 5 maggots gedip in Stinkvoete op die onderste hoek en op die bol ’n strepie Perdeby en Stinkvoete. Na so ’n koue en winderige dag langs Vaaldam is die beste medisyne om ’n lekker warm stort te vat met ’n heerlike boeretroos voor die kaggelvuur. Ek het die dag se hengel deeglik deurdink en my “gameplan” saamgestel vir die volgende dag se hengel wat sal volg.