Super Saturday met die Suid Kaap Koning

August 28, 2021

ANGLER

Gert van der Merwe

VENUE

Hartbeeskuildam

PROVINCE

Western Cape

ANGLER

Gert van der Merwe

VENUE

Hartbeeskuildam

PROVINCE

Western Cape

Ek het onlangs besluit om deel te neem aan ‘n Pro Mania by Hartebeeskuil. Met die loting word pen 2 aan my geallokeer. Met die aanvang van die kompetisie sak daar ‘n bui reën uit en dit het geduur tot na 12:00. Maar ek is dankbaar vir die reën want HBK staan op 4%. Weens die damvlakke wat so laag is sit ek effektief met net 43m se water voor my, so enige vis wat voor my verby beweeg moet ek fnuik. Die dag was uitdagend met byte vêr en wyd uitmekaar. Genadeglik kon ek steeds met 4 vis vir 15.7kg die dag algeheel wen.

Gerei:

  • 9ft Sensation Short Range V2 vir die karpe
  • 10ft Sensation Tempo V1 vir die babers
  • Okuma Aventa Pro 5000

Aas:

  • Perdeby & TAC
  • Raja Oozers en SWD

Dankie aan Super Cast en Sensation vir jul volgehou ondersteuning in ons en vir die voorreg om by die water op te daag met “the edge”. Julle is simply the best.