Pro Mania te Jackie Leonard, Vaaldam

August 31, 2021

ANGLER

Ruan Erasmus

VENUE

Jackie Leonard, Vaaldam

PROVINCE

Free State

ANGLER

Ruan Erasmus

VENUE

Jackie Leonard, Vaaldam

PROVINCE

Free State

Dit voel soos eeue sedert ek laas ‘n Pro Mania kompetisie in die Vaaldam gehengel het en die opgewondenheid is duidelik sigbaar by my. Hengel oor die algemeen in die binneland is baie stadig die tyd van die jaar, daarom moet die oewer en beter weersomstandighede (indien moontlik) sorvuldig gekies word om sukses te behaal.

Die regte oewer, Jackie Leonard word gekies maar ongelukkig kan die weer nie gekies word nie. Stormsterkte wind word vir beide dae voorspel met temperature wat tot -5 in die oggende val is my voorland.

Die Saterdag moet die “roes” eers afgehengel word. Hier te kort en daar te lank terwyl die masjien nog nie op alle silinders hardloop nie. Stadig maar seker begin ek ritme kry en tel die vistelling op. Die dag kom tot ‘n einde en 20 vis word getel by my vir ‘n totale gewig van 7.4kg. Ek eindig redelik met ‘n algehele 5de posisie en vat waardevolle inligting saam huistoe.

Sondag begroet Jackie Leonard ons met ‘n ysige -5 grade. Die wind het ook heeltemal Oos gedraai en waai baie sterk van links na regs. Ek leer uit die vorige dag en begin onmidelik 10 meter dieper die muddies op 75m teiken. Die ander stok begin ek op 85 meter en vang sommer n paar skaflike karpe vroeg die oggend op die afstand. Die laasgenoemde afstand raak stil na so twee ure en ek skuif die afstand op reëlmaat met 10 meter as die geelvis inbeweeg op die kol.

Die 75 m kol het uiteindelik na n uur se voer en geduld begin deurkom en byt op reëlmaat tussen 5 tot 10 minute. Die geelvis pla gereeld op die korter aftsand en ek moet gereeld op my voete dink om onder die vissies uit te kom.
Om links of regs van die kol te gooi, sonder floaties te hengel, sonder fluoro te hengel is alles goeie wenke om van die geelvis weg te bly.
Maar soos die Engelsman sê: “fortune favours the brave” het ek baie teen die verloop van geelvis “reëls” soms gehengel. Sniper wat oorlop van fluoro en wat eintlik ‘n “no-go” dippie is as daar baie geelvis is, was soms net die ding om die muddies weer aan die byt te kry. Die fluoro laat die muddies die asies nog vinniger opraap as die geelvis, soms binne ‘n minuut na die asies die water getref het. Wit floaties het die muddies opgewonde in ‘n tou laat staan om tee eet en geel sagte floaties het weer die karpies geflous.
Dippies wat uitgestaan het om die muddies te lok was Stinkvoete en Ox Blood met Sniper so dan en wan by net om hulle ge-intreseerd te hou. Vir die karpies het Black Widow en Raja hulle hande opgesteek met ‘n lang wit deeg en ‘n wit sagte garlic float agter die deeg.
Ek eindig die tweede dag met 32 vis vir 15kg en verower ‘n skaflike algehele derde posisie op ‘n baie koue en winderige dag.

Jackie Leonard oewer stel nie sommer teleur nie, nie eers in die hartjie van winter soos nouweer gesien kan word. Sit bietjie dip soos Raja, Black Widow, Stinkvoete, Ox Blood by en rond dit af met Super Cast X-Treme voer om mooi getalle vis op hierdie en vele ander oewers te vang. Vir daardie langer afstande om by die groter karp te kom sal ek aanbeveel om die Okuma 8K katrol en 13ft DC Elite in te span vir gewaarborgde sukses.