Super Sensational Sunday

September 3, 2021

ANGLER

Henco vd Westhuizen

VENUE

Hartbeespoort Dam

PROVINCE

North West

ANGLER

Henco vd Westhuizen

VENUE

Hartbeespoort Dam

PROVINCE

North West

Na ‘n lang gewag was dit weer tyd om Harties aan te pak. Vroeg Vrydag middag pak ek en Voete die bakkie want die groot blou dam roep en so is ons oppad Kommandonek toe te Hartbeespoortdam. Ons vertrek vroeg Saterdag oggend dam toe en ek let op na die bakkie se termometer en gou-gou is ons in die minusse. Ons pak toe af op staanplek 35. Ek maak my SvB X-Treme voer aan. Dit vereis om bietjie droeër aangemaak te word en vir my is die aanbevole 3:1 verhouding ideaal. Ek is dadelik weer beindruk met die skerp mielie reuk wat by my emmer ontsnap en ek raak sommer self lus om ‘n groot hap te vat. Vinnig-vinnig word die staanders opgestel en lyn deur die ogies geryg. Ek en Voete besluit toe om oop spoel te hengel en ook sommer weer aan ons casting te werk aangesien ons rukkie buite aksie was. Op my linker stok laai ek ‘n M1 Super Link met 0.8 BAT hoekies. ‘n Garlic oozer en wit deeg op my onderste hoek en my gunsteling amandel pit bo met Rooi GP, Devils Fork en FX as kombinasie vaar die strop die dieptes in.Op my regter stok laai ek ‘n M1.5 Super Link met 0.8 BAT hoekies. ‘n Legend oozer met anys deeg onder en ‘n Gumtree pit bo met Tjop Tjop en Gumtree op die bol.Tot my teleurstelling val my stroppe nie waar ek wil hê nie en ek los dit so totdat ek gevoel kon kry in my arms en vingers want vir ons was dit yslik koud. Nie eens 2 kortbroeke sou ons kon help nie!Nie lank nie en ek vang ‘n vis op my linker stok. Net toe ek die een skep loop my regter stok. Ek dink toe hier word ons vandag bederf. Ek laai toe weer my stokke en gooi. ‘n Uur en ‘n half gaan verby sonder ‘n byt, waar ek toe besluit om Gumtree te verruil vir Paint en dadelik vang ek weer 2 visse kort op mekaar se hakke. Soos altyd beindruk die X-Treme voer my so met die blusvermoë omrede ons ‘n tempratuur van -4°C gehad het langs die water en dat my vinnigste byt wat binne 8 minute was en geen bol was uitgesleep nie. Teen 2 uur is die vis weg en ek besluit toe om my casting te oefen. Soos Gary Player sê: “the more you practice, the luckier you get”. Ek oefen toe net met ‘n M0 en ‘n skoon lood en ‘n paar gooie met ‘n M1.5. Ek was verbaas met die skoonlood gooie, waar ek verbeter sommer my persoonlike beste met net oor die 3m. My DC Pro 12’6″ ft en Aventas stel my nooit teleur nie. In my opinie is daar nie ‘n beter katrol vir sy waarde op die mark huidiglik as die Aventa en Aventa Pro’s nie. Ongelukkig het die groot vis ons die rondte gesystap, maar ons het steeds ‘n lekker dag langs die water gehad.