Vrystaat se Streek 4 se 2de Liga

September 7, 2021

ANGLER

Juliet Welman

VENUE

Biermans, Vaaldam

PROVINCE

Free State

ANGLER

Juliet Welman

VENUE

Biermans, Vaaldam

PROVINCE

Free State

Sensation Hengelaar, Juliet Welman, het op Sondag deelgeneem aan Vrystaat se Streek 4 se 2de Liga van die jaar wat plaas gevind te Biermans, Vaaldam. Hier volg haar Super Sensational Sukses verhaal:
“Met die pentrekking Vrydagaand word pen 3 aan my toegeken. Dit was basies regoor die hek waar jy inkom en afgaan water toe, net links van die huisies. Die water hier vorm deel van die baai en is die water nie baie diep nie. Skepties oor die pen wat ek getrek het pak ek my hengelgerei af. Biermans is ‘n baie wisselvallige stuk water en het my oor die algemeen nie altyd goed behandel nie. Ons vorige liga het plaasgevind by Heartsease en die vangste daardie dag was maar aan die eina kant gewees. Lus vir hengel sien ek uit na hiedie 2de Liga en hoop dat ek vandag baie beter sal doen as met die 1ste Liga.

Oppad hengelwater toe sien ek dat dit deur die nag gereën het en ek verneem van die hengelaars wat op die oord oornag het dat daar ook ‘n donderstorm gedurende die nag was. Dus weet ons ook dat dit ‘n invloed op die hengeldag kan hê.

Die wind het in die oggend skuins-regs van voor af gewaai en het my hoop gegee dat die vis nader sal kom wei deur die verloop van die dag. Later het die wind gedraai en van links vanuit die baai gewaai vir so twee ure en toe weer terug gedraai in die baai in. Die aanvoelbare lug temperatuur was aan die koel kant en met daardie tipiese koue wolke in die lug. Oorgansmaande was nog altyd vir my ‘n uitdagend gewees wat hengel aanbetref en het dit maar net weereens bewys dat kouer maande se hengel nie maklik is nie.
Nieteenstaande die omstandighede besluit ek om een ‘n diep stok te gooi met ‘n oop spoel en met die ander stok ‘n kol te bou op 65m. Met gereëlde tussen-poses sit ek voer in die water op die 65m kol. Die vis bly traag om te byt. Hengelaars om my wat wel ‘n vis aan die lyn kry, wag ook maar lank vir ‘n byt, tot so lank as ‘n uur en ‘n half. My penmaat, Rina Geldenhuys, kon 3 vis land voor 10 uur, 3 mooi karpies, terwyl ek nog teen daardie tyd geen byt gehad het nie.

Met nog geen vis teen 12h30, besluit ek om my vlak stok ook te ruil vir die dieper afstande. Ek vang kort na mekaar twee mooi geelvisse maar met die Vrystaat reël in plek, word hulle weer veilig in die water terug geplaas. Deur die verloop van die oggend het ek al die ou betroubare kombinasies gegooi maar sonder sukses. Perdeby, Legend en Black Widow, Paint en Kiana, Vicks en Lootie, maar niks het vir my vis opgelewer nie. Die oggend het ek begin met geel harde Stuttafords floaties met Stuttafords en Ox Blood op die bol. ‘n Kombinasie wat al vir my menigde vis gegee het by Biermans. Ek besluit om albei stokke weer met ‘n soortgelyke kombinasie te gooi met een klein veranderingtjie. Dit werk soos ‘n bom en ek vang vir die res van die middag die een mooi karp na die ander.
Ek vervang die harde geel Stuttafords float met sagte geel Stuttaford floaties, druk albei floaties terug in die bol, gooi Stuttafords bo-op altwee floaties en vervang die Ox Blood met Perdeby Plus.
Na ‘n baie uitdagende dag weeg ek 9 vis vir 13.2kg wat my ‘n 1ste posisie in my sone gee asook ‘n algehele 1ste posisie by die dames afdeling vir die dag.

My plan vir die dag:
Gly-Rietvlei strop met M2 sinker, Sensation se BAT No: 1 hoeke met 10lb hoeklyne. Ek hengel met Sensation se 12’6” Razor stokke en die Okuma Aventa Pro 5000 katrolle.
My hooflyn is die 5lb geel Sensation Pro Series Carp lyn.
Voer: SvB X-Treme voer met ‘n bietjie wit mielierys in.

Beide stokke
Bo: Stuttafords sagte floatie
Onder: Stuttafords sagte floatie
Op die bol: Perdeby Plus en Stuttafords (sommer in oormaat)

Weereens baie dankie aan my borge, Super Cast en Sensation vir julle puik produkte. Dit is ‘n voorreg vir my om vir julle te kan hengel. Ek dank ook Ons Hemelse Vader vir die geleentheid en goeie gesondheid wat Hy vir my gee om my geliefde sport te kan beoefen.”