Wonderlike Woensdag getuigskrif

Elzaan van Wyk -

November 10, 2021

FEATURED GEAR
  • DC Pinpoint 12’6”
  • Short Range V2
  • Okuma Aventa Pro 6000
  • Okuma Ceymar
  • Sensation Pro Series 5lb, 8lb & 10lb line

Sensation het van die beste gerei op die mark wat ons kan gebruik om ons hengel te verbeter. Ek maak graag gebruik van die DC Pinpoint 12’6” vir langafstandhengel omrede die stokke genoeg ruggraat het om ligte sowel as swaar gewigte gemaklik te werp, vinnig deur die lug en wind sny en binne ’n oogwink terugkeer na die oorspronklike vorm weens die 46X Ton grafiet waarvan dit vervaardig is. Om nie te praat van die premium gehalte “Winn Grips” handgrepe, Fuji katrolsitplek en Fuji Ogies nie!

Vir “kort-hengel” soos dit onder ons genoem word verkies ek die Short Range V2 9ft stokke, hierdie stokke het ’n sagte ruggraat wat dit baie lekker maak om visse mee te speel en my eintlik help om die visse vinniger moeg te maak sodat ek die visse makliker geskep kan kry. Boonop het die stok steeds genoeg ruggraat om die aas gemaklik en akkuraat te werp. Die stok se natuur is van so aard dat jy baie min visse sal verloor omrede dit enige ruk-en-pluk bewegings absorbeer. Toegerus met hoë kwaliteit komponente en netjiese afwerkings is dit verseker iets waarsonder ek nie sal dam toe gaan nie.

Vir die perfekte kombinasie van stok en katrol gebruik ek die Okuma Aventa Pro 6000 op die 12’6” Pinpoints en die Okuma Ceymar 640 op die Short Range V2 9’ stokke. Ek gebruik Sensation Pro Series 5lb, 8lb en 10lb lyn met Sensation se 18lb “Competition Leader” lyn in swart. Hierdie kombinasie van stokke, katrolle en lyn komplimenteer mekaar perfek!

Om hierdie pragtige en duursame gerei veilig te stoor en vervoer gebruik ek die Sensation stoksakke en Docks katrol sakke. Dit is van kardinale belang om na jou gerei om te sien en hierdie sakke beskerm my gerei en maak dit gemaklik om te pak.

Laaste maar beslis nie die minste nie is die BAT hoeke wat ek met volle vertroue in groottes #1, #2, #5 en #7 gebruik (laasgenome vir babers).

Loer gerus na hierdie produkte en neem jou hengel na die volgende vlak, dit help my verseker om beter en meer konstant te presteer.

GET MORE TIPS
Jackie Leonard, Vaal Dam
Nadat ek Saterdag 23 Oktober ’n ongelooflike dag langs die oewer van Jackie Leonard beleef het en my nuwe persoonlike beste sak van 80…
The DC Premier range of rods were developed for the discerning angler, the one who envision where the object that cannot be seen will…