The “Man on Fire”

Jaco Kruger -

November 24, 2021

FEATURED GEAR
  • Sensation DC Super Lite 12’6”
  • Sensation Short range Tactical 8ft

Nadat ek Saterdag 23 Oktober ’n ongelooflike dag langs die oewer van Jackie Leonard beleef het en my nuwe persoonlike beste sak van 80 vis gevang het is ek Sondag 24 Oktober weer terug vir nog! Gaan ek weer ’n sak vol vis vang, of gaan hierdie dag anders uitdraai?

Ons was slegs 16 hengelaars wat deelgeneem het, wat beteken dat daar twee sones met twee kantpenne is. Met pen 14 wat aan my besorg was het ek my mikpunt gemaak om my sone se kantpen uit te skakel met die hoop om die sone te wen.

Die wind het van die oggend vroeg af sterk van links voor gewaai en die temperatuur was aansienlik koeler as die vorige dag. Ek het dié dag effens anders benader omrede ek gedink het dat die karpe op die dieper afstande (105 – 125m) sou eet. Ek het met my nuwe Sensation DC Super Lite 12’6” die M1.5 gly-rietvlei strop gemaklik op 115 neergesit. Paint, Kiana en ’n druppel Sniper was my keuse van konsentrate.

Ek het my Sensation Short range Tactical 8ft ingehaak op 65m, ’n strepie Lootie en Perdeby op die bol gekombineer met twee Super Cast geel Super Soft floats as wenresep. Die vissies wou glad nie eet op die dieper afstande nie, maar toe ek die eerste muddie op 65m aan die lyn kry, toe is dit chaos!

Ek het my dieper afstand geskuif na 60m en dit is hoe ek die res van die dag gehengel het (65m en 60m). Ek het ’n goeie tempo gehandhaaf die hele dag en dit was op ’n stadium moeilik om twee stokke in die water te hou. Verbasend genoeg het ek baie karpies tussendeur gevang wat vir meer gewig gesorg het.

Wanneer ek die kleiner vis teiken en hulle op tempo vang, maak ek gebruik van Sensation se “Anodized Snagless” skepnette. Die hoeke haak nie so maklik in die net nie en jy kan die vis vinniger in jou hounet plaas.

Dit was ’n baie geseënde dag en ek eindig met 63 visse vir ’n totaal van 28,750kg (917.50 punte). Ek het my sone gewen en tweede algeheel geëindig.

Ek skryf my sukses van die naweek toe aan die Hemelse Vader vir die gawe en talent om te kan hengel, Super Cast vir die ongelooflike voorreg om met hulle produkte te kan hengel en ’n Super Cast hemp oor my kop te kan trek, en Sensational Angling Supplies vir die “GREAT” gerei – Julle is albei tops!!

GET MORE TIPS
Jackie Leonard, Vaal Dam
Nadat ek Saterdag 23 Oktober ’n ongelooflike dag langs die oewer van Jackie Leonard beleef het en my nuwe persoonlike beste sak van 80…
The DC Premier range of rods were developed for the discerning angler, the one who envision where the object that cannot be seen will…